Tuesday, January 24, 2012

Atletiek lewe by Dundee Juniorskool

Die jaarlikse atletiek Interhuisbyeenkoms het op Vrydag 20 Januarie plaasgevind.
Die afgelope twee jaar het toppresteerders die skool verlaat, maar die wat agtergebly het, het bewys hulle kan nogsteeds rekords verbeter.
Ses nuwe rekords is opgestel:
Chanté Groenewald (D0/13) - 200mH; Georgia Viljoen (D0/13) - Hoogspring; Johanette Wilken (D0/12) - Hoogspring en Verspring; Aidan de Lange (S0/12) - Werpskyf; Liezel Viljoen (D0/11) - Verspring.
Baie geluk ook aan almal wat deelgeneem het en julle beste gegee het. Ons is trots op julle!
Die byeenkoms is gewen deur die Groen-span (Talana), tweede die Rooi-span (Indumeni), derde die Geel-span (Tangeni) en vierde die Blou-span (Impati).
Die volgende byeenkomste sal binnekort aangekondig word en onthou die derde kwartaal word atletiek voortgesit. Sterkte!

0 comments: